van der Linde family

online collaboration space and storage

User Tools

Site Tools


recipies:speciality:sosatie

Sosatie Resep

Marinade

Resep vir 1,0 kg sosatie vleismengsel

Bestanddele

  • 4 middelslag uie, in growwe skywe gesny
  • 25ml Kookolie
  • 25ml Bruinsuiker
  • 3 Lourierblare
  • 25ml Kerriepoeier
  • 125ml Asyn
  • 10ml Gerasperde lemoenskil
  • 50ml Appelkooskonfyt
  • 250ml droë appelkose, gekap
  • 375ml Water
  • 15ml Sout (na smaak)
  • 8 Swartpeper korrels

Metode

Soteer uie in warm olie. Voeg res van bestanddele behalwe vleis, by en kook vir 10-15 minute. Laat afkoel. Pak vleis in bak, giet marinade oor en marineer vir 24 uur. Ryg op sosatiestokkies – onthou growwe stukke uie. Vries.

Wenk

Eksperimenteer met die verhoudings van die soet van die bruinsuiker, die suur van die appelkose en die geur wat die lemoenskil gee.

recipies/speciality/sosatie.txt · Last modified: 17/12/2021 17:11 by jattie