====== Sosatie Resep ====== ===== Marinade ===== Resep vir 1,0 kg sosatie vleismengsel ===== Bestanddele ===== * 4 middelslag uie, in growwe skywe gesny * 25ml Kookolie * 25ml Bruinsuiker * 3 Lourierblare * 25ml Kerriepoeier * 125ml Asyn * 10ml Gerasperde lemoenskil * 50ml Appelkooskonfyt * 250ml droë appelkose, gekap * 375ml Water * 15ml Sout (na smaak) * 8 Swartpeper korrels ===== Metode ===== Soteer uie in warm olie. Voeg res van bestanddele behalwe vleis, by en kook vir 10-15 minute. Laat afkoel. Pak vleis in bak, giet marinade oor en marineer vir 24 uur. Ryg op sosatiestokkies – onthou growwe stukke uie. Vries. ===== Wenk ===== Eksperimenteer met die verhoudings van die soet van die bruinsuiker, die suur van die appelkose en die geur wat die lemoenskil gee.