====== Outydse Soetkoekies ====== (met naeltjies) ===== Bestanddele ===== ​ * 8 Koppies meel * ​​4 Koppies suiker * ​​1 Koppie botter​ * ​​2 Tlpls naeltjies (gelyk)​ * ​​2 Tlpls koeksoda * ​​6 Eiers ===== Metode ===== ​ - Verroom botter, eiers en suiker. - ​​Meng meel, naeltjies en koeksoda - ​​Voeg meel-mengsel en verroomde bestanddele bymekaar en meng deeglik. - ​​Rol deeg plat en druk uit met koekiedrukker. - ​​Bak teen 180ºC vir 10 – 12 min. - ​​Laat afkoel op draadrak voor wegpak.